Solid dark blue background

WELKOM BY LIFT SELF STUDIE!

Ontdek en genees die onderliggende oorsake van verslawings, geestelike gesondheid probleme  en fisiese of verhoudingsprobleme deur hierdie transformerende 75-les Intensiewe  Program.

Wanneer ons van beter weet, doen ons beter.
Dit is waar herstel moontlik word.

Kies jou LIFT Self Studie-module hieronder.


Book cover for 'Basiese Self Studie' translated into Afrikaans, authored by Tim Fletcher, with a background image of mountains and landscape.

LIFT SELF STUDIE - MODULE 1

LESSE 1 - 5
$60.00 (CAD)

Nou beskikbaar

Inleiding tot Kompleks Trauma: Fundamentele aspekte van Kompleks Trauma
Inleiding tot Kompleks Trauma: Geestesgesondheid Inleiding tot Kompleks Trauma: Die 12 Basiese Behoeftes Inleiding tot Kompleks Trauma: Inleiding tot die brein
Inleiding tot Kompleks Trauma: Fundamentele aspekte van die brein

Cover of a book titled 'Basiese Self Studie' translated into Afrikaans, by Tim Fletcher, with a mountain landscape in the background, blue and white color scheme, and the 'LIFT Online Learning' logo at the top left.

LIFT SELF STUDIE - MODULE 2

LESSE 6 - 10
$60.00 (CAD)

Binnekort beskikbaar!

Ons mees gewilde leer program oor Kompleks Trauma. Ontdek die onderliggende oorsake van verslawings, geestesgesondheids probleme en fisiese of verhoudingsprobleme deur hierdie transformerende Kompleks Trauma-Herstel Program.

Book cover for a language learning publication titled 'Basics Self Study' translated into Afrikaans by Tim Fletcher, with a mountain landscape background and a purple color scheme.

LIFT SELF STUDIE - MODULE 3

LESSE 11 - 15
$60.00 (CAD)

Binnekort beskikbaar!

Ons mees gewilde leer program oor Kompleks Trauma. Ontdek die onderliggende oorsake van verslawings, geestesgesondheids probleme en fisiese of verhoudingsprobleme deur hierdie transformerende Kompleks Trauma-Herstel Program.

Book cover with purple background and mountain scenery, featuring text about a Basic Self-Study course in Afrikaans by Tim Fletcher.

LIFT SELF STUDIE - MODULE 4

LESSE 16 - 20
$60.00 (CAD)

Binnekort beskikbaar!

Ons mees gewilde leer program oor Kompleks Trauma. Ontdek die onderliggende oorsake van verslawings, geestesgesondheids probleme en fisiese of verhoudingsprobleme deur hierdie transformerende Kompleks Trauma-Herstel Program.

Book cover titled 'Basiese Self Studie Vertaal In: Afrikaans' with a mountain landscape background and the author's name, Tim Fletcher.

LIFT SELF STUDIE - MODULE 5

LESSE 21 - 25
$60.00 (CAD)

Binnekort beskikbaar!

Ons mees gewilde leer program oor Kompleks Trauma. Ontdek die onderliggende oorsake van verslawings, geestesgesondheids probleme en fisiese of verhoudingsprobleme deur hierdie transformerende Kompleks Trauma-Herstel Program.

Wat is die LIFT Selfstudie-program en hoe werk dit?

Welkom by die LIFT Self Studie kursus! Hier gaan ons jou deur 'n reeks van 75 lesse lei, gevul met waardevolle inligting om jou herstelreis van Kompleks Trauma te begin. As jy al vir ’n tyd lank op hierdie pad is, is ons ook bly om jou hier te hê! Ons hoop dat hierdie kursus jou leerproses sal versterk en jou genesing sal verdiep, sodat jy vry kan word van die beperkende uitwerking daarvan.

Vrywaring: Die inhoud van hierdie kursus is hoofsaaklik intellektueel/onderwysend en is nie bedoel om huidige metodes van terapie of berading te vervang nie. Dit word aanbeveel dat hierdie materiaal saam met ander hulpmiddels gebruik word, veral in verbinding en kommunikasie met ’n veilige persoon. 

Hierdie kursus bevat materiaal wat moontlik ontstellend kan wees vir sommige lesers, veral diegene wat aan ekstreme vorms van mishandeling blootgestel is. As jy op enige tydstip ontstel voel, skakel die video af, verlaat die kamer, of sit die materiaal neer. Maak seker dat jy ondersteuningsnetwerke of geliefdes in plek het terwyl jy daaraan werk om hierdie inligting te verwerk.

KOMS ONS BEGIN

Jou LIFT Selfstudiekursus is in Fases, Temas en Lesse opgedeel.

FASE 1: 

Die eerste 25 lesse van hierdie kursus word dikwels beskryf as die fondasie vir die nodige inligting om te herstel van Kompleks Trauma. Die doel van hierdie lesse is om vir jou ’n breë oorsig oor Kompleks Trauma te gee en die volgende bekend te stel: 

  • Woordeskat - Woorde wat jou sal help om oor Kompleks Trauma te praat op 'n manier wat sin maak. 

  • Hulpmiddele - Begrip en toepassing van basiese hulpmiddels om jou te help om Kompleks Trauma te verwerk (en om jou eie triggers te bestuur). 

  • Eienaarskap - Met nuwe woordeskat en hulpmiddele sal jy beter toegerus wees om dieper kwessies van Kompleks Trauma aan te pak en meer selfstandig te werk. 

Fase 1 Temas: 

  • Inleiding tot Kompleks Trauma 

  • Die 12 Basiese Behoeftes 

  • Die 60 Kenmerke van Kompleks Trauma 

  • Inleiding tot Emosies 

  • Verhoudings 

  • Nuttige Hulpmiddels 

Elke les bevat ook hulpmiddels om jou emosies en triggers te bestuur en jou so goed as moontlik te help om gereguleer te bly. 

Fase 1 Lesse: 

Wanneer jy met die materiaal begin, moenie jouself forseer om te diep, te vinnig te gaan nie. Herstel van Kompleks Trauma is nie ’n kitsoplossing nie. Handhaaf ’n geduldige, deernisvolle en nuuskierige benadering. Dit sal jou help om teen ’n tempo te werk wat jou gemaklik en veilig hou tydens jou reis.

FASE 2: 

Die volgende 50 lesse van hierdie kursus fokus daarop om wat jy in Fase 1 geleer het, in werking te stel. Elke 5 lesse dek ’n nuwe tema wat gebaseer is op die mees algemene kwessies vir mense met Kompleks Trauma. Hierdie temas mag moeilik wees om deur te werk, maar is noodsaaklik vir herstel. Sommige modules sal moeiliker wees as ander; sommige sal ou emosies en/of herinneringe opbring, en sommige mag jou selfs "trigger". In sulke gevalle is dit belangrik om die riglyne te volg wat regdeur die kursus uiteengesit is.

Fase 2 Temas: 

  • Kompleks Trauma 

  • Skaamte( Shame) 

  • Woede 

  • Emosies 

  • Konflik 

  • Mede afhanklikheid (Codependancy) 

  • Verhoudings 

  • Grense 

  • Rou 

Fase 2 sluit af met 5 modules wat uitbrei oor verskeie hulpmiddele en metodes wat baie van ons huidige deelnemers aan die Kompleks Trauma-kursus as nuttig beskou in hul herstel. 

Fase 2 Lesse: 

Elke stel van 5 lesse is ontwerp om die onderwerp in die konteks van Kompleks Trauma bekend te stel, verskeie aspekte van die impak daarvan te ondersoek, en nuttige hulpmiddels aan te bied om in elke area te genees. Herstel lyk vir elke persoon ’n bietjie anders, so kyk watter lesse werklik vir jou uitstaan, en probeer die nuwe hulpmiddels om te sien wat vir jou werk.

KRAGTIGE EN PRAKTIESE HULPMIDDELS VIR HERSTEL VAN KOMPLEKS TRAUMA

Een belangrike ding wat jy sal opmerk wanneer jy deur hierdie kursus gaan, is dat dit in baie eenvoudige, maklik verstaanbare taal aangebied word. Dit is nie omdat die materiaal eenvoudig is nie. Soos Tim Fletcher sê, "Ek neem die boeke van die boonste rakke af en plaas dit op die onderste rakke, sodat gewone mense dit makliker kan verstaan en gebruik." Hierdie kursus is goed nagevors, maar indien jy enige foute of weglatings in ons bronne opmerk, kontak ons asseblief by contact@timfletcher.ca.

Ons aanlyn gemeenskap verbind mense regoor die wêreld

Global map showing data clusters with numbers indicating the concentration of a certain data point in various locations, including high numbers in the United States, Europe, and parts of Asia and Australia.

Wat is Kompleks Trauma of C-PTSD?

"Trauma is nie wat met jou gebeur nie. Trauma is wat binne-in jou gebeur as gevolg van wat met jou gebeur." - Gabor Maté

Trauma is ‘n persoon se reaksie op ‘n diep vreesaanjaende of skadelike gebeurtenis wat hul vermoë om dit te hanteer oorweldig. Kompleks Trauma word gedefinieer as ‘n reaksie op ‘n aanhoudende omgewing van gevaar waar ‘n persoon nooit veilig voel nie. Hierdie reaksie aktiveer voortdurend ‘n stresrespons soos veg, vlug of vries. Dit raak elke aspek van ‘n persoon – hul liggaam, verhoudings, brein en vermoë om ‘n geestelike verbintenis te hê. Tim Fletcher het 60 Karakter Eienskappe van Kompleks Trauma geïdentifiseer wat jou kan help om te verstaan hoe dit jou moontlik beïnvloed het.

Illustration of two people sitting cross-legged, reading a book together.

Voordele van LIFT Aanlyn Studies

Purple map pin icon on white background

Maklik om te gebruik

Al die kursusmateriaal is beskikbaar op ons Thinkific-platform. Kyk video's, voltooi selfrefleksievrae en verkry bykomende hulpbronne – alles op een gerieflike plek.

Icon of a light bulb with rays, symbolizing ideas or innovation.

Bemagtigend

Met self studie  bepaal jy jou eie pas. Hierdie kursus bied jou die vryheid om te reflekteer en met die materiaal te werk op ‘n manier en teen ‘n tempo wat die beste vir jou werk.

Outline of an award ribbon with a star in the center.

Uniek

Ons aanlyn omgewing verskil van tradisionele terapeutiese benaderings deur ons deelnemers toe te rus met Kognitiewe Gedragsterapie (CBT) en Dialektiese Gedragsterapie (DBT)-hulpmiddels in ‘n veilige en liefdevolle omgewing, terwyl hulle leiding ontvang van die Tim Fletcher-span.

Purple chain link icon on a white background

Lewensveranderend

Ons kursus en program bied gesonde hulpmiddels en kennis om deelnemers te help om daaglikse take en uitdagings te hanteer, saam met strategieë vir lewenslange groei en genesing. 

Trauma is nie wat met jou gebeur nie. Trauma is wat binne-in jou gebeur as gevolg van wat met jou gebeur. - Gabor Maté

Ons programme en opleidingsomgewings moedig deelnemers aan om vroeë kinderomgewings deur ’n ander lens te bekyk; nie net deur te fokus op die ooglopende (hoofsaaklik traumatiese) gebeure nie, maar ook op al die elemente wat moontlik ’n rol gespeel het. Ons ondersoek biologiese, sielkundige, sosiale en spirituele faktore met ’n gesonde dosis nuuskierigheid, deernis en liefde. Deur die volle prentjie te bestudeer, sien ons dat verskeie aspekte van vroeë kinderjare traumaties kan wees, wat kan lei tot ’n skaamte-gebaseerde identiteit, oneffektiewe hanteringsmeganismes en ongesonde verhoudingshegtings.

Ons is hier om op ’n veilige manier met jou te verbind en om saam met jou hierdie ontdekkingsreis te verken!